God in my werkplek
 


God in my werkplek

Jannie Le Roux

God in my werkplek bied 52 praktiese beginsels vir die Christen wat 'n suksesvolle besigheid wil hê. Die fokus val veral op hoe om uitmuntend suksesvol te wees in 'n besigheidswêreld waarin die rigtingwysers na sukses totaal verander het.

Enkele punte wat ondersoek word, is:

  • Bepaal wat die visie van jou besigheid is, en implementeer strategieë wat gefokus is daarop.
  • Daag die status quo uit - doen dinge op nuwe maniere.
  • "Foute" is net deel van die leerkurwe.
  • Belê in mense.

Jannie le Roux wys in hierdie publikasie watter perspektiefveranderings besigheidsmense sal moet maak vir 'n onderneming wat uitstyg bo die res.

OOR DIE OUTEUR

Jannie le Roux is tans leraar van die NG Kerk Gordonsbaai en voorsitter van die Sinodale Kommissie Predikantebediening vir die Wes-Kaap. Hy is getroud met Wilma. Hulle is die trotse ouers van drie seuns en grootouers van een kleinkind.

Publikasie: Einde Junie 2008
Kategorie: Dagstukke
Grootte: 120 x 180 mm
Bladsye: 244
Omslag: Hardeband
ISBN: 978-1-77000-486-3

Prys: R89,95

 

52 praktykgerigte strategieë
vir 'n kerngesonde besigheid

KORT KOPIE

Om sukses te behaal in die 21ste eeu kan 'n mens nie meer staatmaak op die dinge wat sukses gewaarborg het in die 20ste eeu nie. God in my werkplek bied 52 perspektiefverruimende strategieë vir dié besigheidsmense wat wil hê húlle onderneming moet uitmunt bo alle ander.

ANDER BOEKE DEUR DIE OUTEUR

- Die pluskant van Christen-wees (Dagstukke/Tieners)
- Die lewe in! (Christelike leefwyse/Tieners)
- Regtig, reguit, radikaal (Christelike leefwyse/Jeug)
- Die sleutel is Jesus (Dagstukke/Kinders)
- Tiener-ABC (Dagstukke/Tieners)

Besigtig die CUM katalogus