|
Daar is 'n
Duitse spreekwoord wat sê woorde reik ver-der as mense. Hoe waar
is dit nie! Die regte woord op die regte tyd verleen trefkrag aan enige
toespraak, gedagte of boodskap. En 'n gepaste aanhaling dra dikwels meer
gewig as lang uitgerekte redenasies en praatjies.
Bekende skrywer Nina Smit het
'n oor én 'n oog vir die perfekte aanhaling. Sy het byna 10 000
aanhalings versamel van byna 2 000 wysgere, waarheidsoekers, Bybelskrywers
en filosowe om hierdie bundel wyshede saam te stel. Die bykans 600 kategorieë
is alfabeties ingedeel vir maklike naslaan.
Almal is tog die een of ander tyd op soek na die perfekte sêding
- en of dit nou grappig, diep, geestelik of selfs 'n bietjie kwaai is,
hierdie is die perfekte boek vir enige geleentheid.
OOR
DIE OUTEUR
Nina
Smit is die topverkoper-outeur van meer as 100 boeke. Sy
en haar man, Johan, woon in Somerset-Wes. Hulle het drie kinders en ook
kleinkinders.
Publikasie:
Einde Julie 2008
Kategorie: Christelike leefwyse
Teikenmark: Algemeen
Grootte: 160 x 235 mm
Bladsye: 688
Omslag: Hardeband
ISBN: 978-1-77000-545-7
Prys:
R179,95
|
|
Vind
die regte woord vir enige geleentheid met
Die groot boek van Christelike aanhalings volume 2.
KORT
KOPIE
Almal is
die een of ander tyd op soek na die perfekte sêding; tog is ons
nie almal woordkunstenaars nie. Die groot boek van Christelike aanhalings
volume 2 bevat byna 10 000 aanhalings ingedeel in bykans 600 kategorieë.
Dit is voorwaar 'n handige bron om trefkrag aan enige toespraak, gedagte
of boodskap te gee.
ANDER
BOEKE DEUR DIE OUTEUR
- 'n Lewe
naby God (Dagstukke/Vroue, beskikbaar einde Julie 2008)
- Vreugde in die môre (Gebed)
- Leef jou lewe nou (Christelike leefwyse/Vroue)
- Die groot boek van Christelike aanhalings volume 1 (Christelike leefwyse/Algemeen)
- 'n Keur van wysheid (Christelike leefwyse/Algemeen)
- Elke dag 'n vreugdepad (Dagstukke/Vroue)
Besigtig
die CUM katalogus
|