![]() |
Jesaja 55:11 "so sal my woord wees wat uit my mond uitgaan: dit sal nie leeg na My terugkeer nie, maar doen wat My behaag en voorspoedig wees in alles waartoe Ek dit stuur" |
|
Inspirasie
|
|
Die Handleiding Dikwels koop ons 'n produk, haal dit uit die houer en moet dit dan aanmekaarsit. Die proses verloop nie altyd vollgens plan nie en daar is vyf hoofredes daarvoor: * Die instruksies is onduidelik * Ons het nie die instruksies gelees nie * Instruksies gelees maar nie gevolg nie * Instruksies gelees maar nie verstaan nie * Eerder die na omstaanders geluister Die lewe is dieselfde. Soms is die instruksies onduidelik in verband met 'n spesifieke situasie. Dit hoort egter nie so nie. God het vir ons Sy Woord gegee en daar is raad vir elke situasie. Onsekerheid lei daartoe dat ons instruksies net gedeeltelik toepas met minder goeie resultate. Daarom is dit raadsaam om die Woord van God gereeld te bestudeer en wysheid van ons Skepper te vra sodat daar vir elke situasie woord in ons hart is. Het jy al 'n probleem met jou rekenaar ondervind en dan die tegnikus geskakel? Sy eerste woorde is gewoonlik: "Het jy die gebruikershandleiding gelees?" Ons moet daagliks keuses uitoefen, daarom is daar 'n handleiding om te gebruik vir kies tussen reg en verkeerd. Kom ons kyk na 'n voorbeeld: iemand bied jou geld aan om 'n transaksie te beklink. Vraag: moet ek dit aanvaar? Antwoord: mag nie omkoopgeskenke aanneem nie. God waarsku ons bv. ook teen borgstaan, en gee antwoord vir selfs die wyse waarop skuldeisers behandel moet word - onderhandel voor jy by die hof kom. Instruksies gelees maar nie verstaan nie? Nader God se troon van genade en Hy sal aan jou die wysheid gee. Instruksies gelees maar nie gevolg nie? Mens die Here gee vir ons riglyne vir ons eie beskerming, juis omdat Hy ons lief het en vir ons die pad wil aanwys.Ek en jy het die keuse om nie die instruksies te volg nie, maar dit lei tot hartseer, verdwaal, pyn en reuse ompaaie. Wat as ek reeds in die middel van pyn is? Roep die Here aan en volg Sy instruksies wat jou dan deur die storm sal dra. Eerder na die opinies van ander geluister? Dit het die verwarring resultaat. Mense word gewoonlik so verward dat hulle nie meer kan onderskei wat is skriftuurlik en wat nie. In so 'n geval weet dat ander se opinies slegs interpretasies is van die Woord en as jy verward is, gaan self terug na God en kyk wat Sy woord vir jou leer. Gebed: Heer dankie vir U Woord en U Wysheid. Dankie Heer dat U self vir ons die weg aanwys. Onderrig my in U waarheid en U weg.
Toestemming word verleen vir herdruk en verspreiding, op voorwaarde dat onderstaande woorde daarby verskyn: Toestemming is deur Glory2Jesus verskaf vir herdruk van hierdie artikel. Besoek ons blad by http://www.Glory2Jesus.co.za vir nog christelike leesstof. Geen veranderinge mag aan die inhoud gemaak word sonder die toestemming van die skrywer nie. Geskryf deur Isebell Gauche.
|
Background:Wendy's Backgrounds