![]() |
Jesaja 55:11 "so sal my woord wees wat uit my mond uitgaan: dit sal nie leeg na My terugkeer nie, maar doen wat My behaag en voorspoedig wees in alles waartoe Ek dit stuur" |
|
Inspirasie
|
|
Maak oop jou hart Trek jou gordyne toe en maak die vensters van jou huis dig toe. Wat ervaar jy? Is dit 'n donkerte? Na 'n ruk word dit bedompig en asemhaling moeilik. Sig is maar skaars en dit ruik muf. Jou liggaam word koud en energie wyk. Trek jou gordyne oop en maak die vensters en deure wyd oop. Hoor die gekwetter van voëls, die blaf van 'n hond, die sonbesie, geritsel van blare en die gelag van 'n kind. Die klanke van lewe. Lig stroom jou vertrek binne en skimme verdwyn. Jou plant kry kleur en en die vars lug vul jou longe. Energie kom terug en perspektief verbreed. Jou liggaam word warm en jou huis gesellig. Jou hart is oop. Die Here is liefde. Ons is geskape na Sy beeld - liefde. Ons is gemaak om lief te hê. Om lief te hê beteken om jou hart wyd oop te maak. Liefde kan nie ervaar word sonder dat jy gee nie. Soms kom die wind in en versteur jou notas en bring nuwe ervaring in jou lewe. Ja, maar as ek alles dig toe hou is ek beskermd teen die lewe. Tog mettertyd word alles in jou huis vaal, koud en leweloos. Die lewe is nie binne nie, dit vra dat jy uitreik, sodoende is daar altyd vars blomme in jou huis. Maak jou hart oop en nooi mense in. Raak hulle aan en wees so die vars blom in hulle pot. Om te gee is om te ontvang -om van myself te gee. Ek ontvang 'n glimlag, 'n drukkie, 'n vonkel in die oog, 'n warm skouer, 'n gebaar, 'n hallo mens ek het jou lief, 'n stilte en lewe. Ek gee iets van myself en verwag niks terug nie, maar hoe meer ek gee, hoe groter die ontvangs. Kosbaarhede is nie te vinde in eendag se rykdom nie, maar in rykdom van liefde. Jy is waarlik gelukkig wanneer jy leer om die klein kosbaarhede van elke dag in te asem en uit te deel. Prys die Here vir mense, vir Sy skepping so beeldskoon, vir Sy liefde in my medemens. Wat is liefde dan: Matt 25:38-40: "En wanneer het ons U 'n vreemdeling gesien, en herberg gegee, of naak en geklee? En wanneer het ons U siek gesien of in die gevangenis en na U gekom? En die Koning sal antwoord en vir hulle sê: Voorwaar Ek sê vir julle, vir soveel julle dit gedoen het aan die geringstes van hierdie broeders van My het julle dit aan My gedoen." Medemensliefde is liefde getoon aan Jesus. Toestemming word verleen vir herdruk en verspreiding, op voorwaarde dat onderstaande woorde daarby verskyn Toestemming is deur Glory2Jesus verskaf vir herdruk van hierdie artikel. Besoek ons blad by http://www.Glory2Jesus.co.za vir nog christelike leesstof. Geen veranderinge mag aan die inhoud gemaak word sonder die toestemming van die skrywer nie. Geskryf deur Isebell Gauche. |
Background:Wendy's Backgrounds