![]() |
Jesaja 55:11 "so sal my woord wees wat uit my mond uitgaan: dit sal nie leeg na My terugkeer nie, maar doen wat My behaag en voorspoedig wees in alles waartoe Ek dit stuur" |
|
Inspirasie
|
|
Loof
Hom ook wanneer dit sleg gaan (2002) "En ons weet dat vir hulle wat God liefhet, alles ten goede meewerk, vir hulle wat na sy voorneme geroep is."
Opgewonde het ons die rit begin. Ons was skaars 2 km van ons huis toe die mini gaan staan. Die teleurstelling op sy gesiggie was so groot. My man wou ons nie alleen in die voertuig laat sodat hy brandstof by die motorhawe sowat 2 km verder kon gaan kry nie. Dit was 'n gevaarlike area en reeds skemer. Ek het toe aangebied om te gaan waarop hy nee geantwoord het. Vasbeslote het ons die motor toe begin stoot. So 'n ou kar is nogal swaar en omdat dit laag is, nog moeiliker om te stoot en dan was dit nog opdraande ook. My man het die hardste gewerk omdat ek die stuur moes beheer en by die deur gestoot het. Later het my klein seun gestuur en ek en my man gestoot. Dit het goed gegaan maar tyd was teen ons en ook die spoedhobbels. As jy moeg is, dan lyk die goed soos berge en put dit jou totaal uit. Verskeie mense het verby gekom maar niemand het gestop nie. Vernedering het met tye deur my gespoel maar as ek na my seun gekyk het wat reeds deur diep water was die afgelope paar maande het ek met nog meer ywer gestoot. Toe begin dit reën. Dit het letterlik gesous en die motorhawe het ver bly lyk. Op 'n stadium het trane by my wange afgerol vinniger as wat ek kon afvee. Ek het God gevra:"Here hoe nou?" Sy antwoord: "Loof My." Ek het begin sing en alles om my het begin vervaag. Ek het besef God is in beheer. Ek het Hom vir die situasie begin prys en Sy Naam groot gemaak. God het my met Sy genade gevul. Ek het omgedraai na my man wat baie moeg was en sy seer aangevoel. Ek het aan hom gesê om by die kinders te bly - dis nie meer ver nie ek sal gou loop. Hy het nie meer teegestribbel nie. Ek is na die motorhawe met vreugde en my laaste R20 in die hand. Daar gekom, het hulle eers 'n kannetjie gesoek en dit toe gevul - die hele R20 weg. Ek was net reg om terug te stap, toe 'n bakkie met die mini agteraan intrek. My kinders het gelag en dit as 'n avontuur beskou en my man het God gedank vir Sy liefde en genade. Ons het nie die klas gehaal daardie aand nie, maar het iets waardevol geleer. Daar het 'n man gekom en hom oor ons ontferm - gestuur deur God, en God het ons geleer, dat Hy sy liefde in alle omstandighede betoon. Daar was geen groot wonderwerk nie, maar iets wat ek meer werd ag as goud: God wat ons lief het, omvou ons in Sy genade, leer om Hom in alles te prys - opreg te loof want Hy is in beheer en laat niks toe as Hy dit nie ter ere van Sy Naam kan gebruik nie. Hy laat alles ten goede meewerk vir diegene wat Hy lief het. Besef dit, want dan sal jy nooit nodig hê om angstig rond te kyk nie.
Toestemming word verleen vir herdruk en verspreiding, op voorwaarde dat onderstaande woorde daarby verskyn Toestemming is deur Glory2Jesus verskaf vir herdruk van hierdie artikel. Besoek ons blad by http://www.Glory2Jesus.co.za vir nog christelike leesstof. Geen veranderinge mag aan die inhoud gemaak word sonder die toestemming van die skrywer nie. Geskryf deur Isebell Gauche. |
Background:Wendy's Backgrounds