Jesaja 55:11 "so sal my woord wees wat uit my mond uitgaan: dit sal nie leeg na My terugkeer nie, maar doen wat My behaag en voorspoedig wees in alles waartoe Ek dit stuur"  
Inspirasie

Minigeloof teenoor 4X4 geloof

Kol 3:16 ""Laat die woord van Christus ryklik in julle woon in alle wysheid. Leer en vermaan mekaar met psalms en lofsange en geestelike liedere, en sing in julle hart met dankbaarheid tot eer van die Here."

Mini's is maar klein motortjies wat uitsluitlik vir teerpaaie bestem is. Die wiele van so 'n motortjie is klein en dus het dit maar min lug in. Die binnekant van die voertuig is effens beknop, dus min ruimte vir ander persone. Dit is 'n uitstekende voertuig vir alledaagse dorpsverkeer. Dit parkeer maklik en is lig op brandstof. Die bagasieruimte is natuurlik min en die bande loop ook baie vinnig af. Indien jy die sportiewe soort is, het jou karretjie nog klein spieeltjies daarby, wat jou soms dwing om jou kop amper 360 grade te draai ten einde gevaar raak te sien. Pasop vir reuse vir vragmotors!

Baie christene het hierdie soort geloof, goed vir alledaagse gebruik maar sit deur 'n toets en dit faal! Dit is amper onsigbaar, nie te waaksaam, min ruimte vir ander persone en hulle behoeftes en bitter min spasie vir die werking van die Heilige Gees. Dit is amper 'n soort eenmansvoertuig. Siende dat die bande so klein is, loop hulle greeld af - ons word gereeld moeg om die blye evangelie te verkondig, word glyglad en gly sommer maklik van die pad af - tot in die sloot! Lippetaal.

Gaan jy dalk 'n op 'n naweek grondpad toer en dis neusie verby. Die eerste hobbel kom, en sou jy dit met hoë spoed aanpak, eindig jy sonder 'n ratkas op en hak vas in tweede. Dit gaan maar moelik vorentoe en met die tweede hobbel verloor jy die uitlaatpyp. Nie te lank nie of dit begin oorverhit en die enjin skree. Derde hobbel volg en daar volg 'n oliestreep. Die motor verloor vinnig krag.

Die rivier volg en dit is nie lank nie, of iemand moet jou uitsleep. Die vonkproppe is nat en 'n ruskans word benodig. Hier kom die modderspul en sonder 4X4 ratkas, goeie navigasie en genoeg krag, is dit 'n gegly, gestoot en geraas in tweede. Die laaste toets is die rotsagtige berg. Dit is amper onmoontlik vir so 'n klein voertuig om by so 'n berg op te kom. Inteendeel selfs 'n muurshoop lyk op hierdie stadium al soos Berg Everest en dit is net hier waar die meeste moed opgee en nooit die volle potensiaal bereik in die Here nie (Rom 8:15-17).

Die 4X4 daarenteen het genoeg ruimte vir die Heilige Gees as navigator, baie ruimte vir God se Woord en stewige bande vir die verspreiding van die evangelie en hope plek vir ander mense en hulle behoeftes. Dit is swaar op brandstof - gebed maar dit is waarin die krag is - in die Here. Dit is deur Jesus op die troon van ons lewe te hê, Hom te volg, te verdiep in Sy Woord en Hom te loof, waardeur geloof groei.

Die 4X4 geloof staan in geloof - staan op God se Woord, Sy beloftes. Dit is gewillig en verkry sy ywer deur gebed en verkondig die blye boodkap met blydskap. Dit oorverhit nie met sorge nie, want dit word aan die Here oorgegee. Dit volg die Heilige Gees se leiding en daarom beland dit nie die heeltyd in diep waters nie. Dit kan selfs deur diep riviere gaan, want die sterkte van God dra dit daardeur. Dit maak nie op dit self of ander mense staat nie , maar het vertroue in die Heer. Dit pak die berg aan met moed, geloof in God wat Almagtig is, nie in die self nie. Daarom kan jy dan dit bereik waartoe die Heer jou geroep het, want jy vertrou in Hom wat jou so lief het dat Hy Sy eniggebore Seun nie gespaar het nie. Die God wat Israel deur die Skelfsee gelei het, in die Naam van Jesus wat bo alle name verhewe is. Hier glo jy nie meer die Heer net vir klein goed nie, jy beperk nie meer die Heer volgens dit wat jy kan sien nie. Jy glo en darem spreek jy, wetende dat oorwinning is reeds verkry deur die bloed van Jesus vir elkeen wat in Hom glo. Hier sien jy probleme vir wat hulle is, maar 'n klein deel van die ewigheid, Jesus is ons Rots ons Verlosser!! (Rom 1:4-7, 4:21)

Toestemming word verleen vir herdruk en verspreiding, op voorwaarde dat onderstaande woorde daarby verskyn

Toestemming is deur Glory2Jesus verskaf vir herdruk van hierdie artikel. Besoek ons blad by http://www.Glory2Jesus.co.za vir nog christelike leesstof. Geen veranderinge mag aan die inhoud gemaak word sonder die toestemming van die skrywer nie. Geskryf deur Isebell Gauche.

Back to Main Page

Background:Wendy's Backgrounds