Jesaja 55:11 "so sal my woord wees wat uit my mond uitgaan: dit sal nie leeg na My terugkeer nie, maar doen wat My behaag en voorspoedig wees in alles waartoe Ek dit stuur"  
Inspirasie

Rus aan Sy Voete

Jesaja 30:15"Want so sê die Here HERE, die Heilige van Israel: In terugkeer en rus lê julle heil, in stil wees en vertroue bestaan julle krag; maar julle wou nie."

Lees die hele Jes. 30. Ons veg verwoed, maar die aanslae word meer. Ons stry die stryd maar staan telkens gewond in die veldslae. Hoekom? Want ons word nie stil voor ons God nie. God spreek Hom sterk uit teen trotsheid. Opstandigheid - om te doen uit ons eie, en nie vanuit Sy leiding nie.

Jes. 30:1 " Wee die opstandige kinders, spreek die Here, wat 'n plan uitvoer maar dit is nie uit My nie." Hierdie opstandigheid lei tot skeiding tussen ons - en God. God praat hier met Sy kinders, nie ongelowiges nie.

Hy roep ons tot terugkeer na Hom - soek Sy wil en gehoorsaam dit. Hou op met praat en luister, daarin lê krag, nederigheid om nie eie eer te soek nie, om nie erkenning en advies van mense te soek nie, maar van God. Praat eerste met Hom, nie met mense nie. Luister en vind rus in Hom. Hou op sweet, Jesus het reeds die oorwinning behaal en in Hom het ek en jy rus want die geveg is reeds gewen. Hy wil jou toevou in Sy liefde, onthou werke buite Hom is dood. Jy hoef nie Sy guns te probeer wen nie, jy het dit reeds, deur Sy genade in geloof ontvang.

God gee krag, Hy rig die arme op, daar is geen perke aan Sy liefde nie. Hoe minder trotsheid hoe meer van Sy genade.

Lees vers 18: "En daarom sal die HERE met ongeduld daarop wag om julle genadig te wees, en daarom sal Hy Hom verhef on Hom oor julle te ontferm; want die Here is 'n God van die gerig. Welgeluksalig is almal wat op Hom wag."

Toestemming word verleen vir herdruk en verspreiding, op voorwaarde dat onderstaande woorde daarby verskyn

Toestemming is deur Glory2Jesus verskaf vir herdruk van hierdie artikel. Besoek ons blad by http://www.Glory2Jesus.co.za vir nog christelike leesstof. Geen veranderinge mag aan die inhoud gemaak word sonder die toestemming van die skrywer nie. Geskryf deur Isebell Gauche.

Back to Main Page

Background:Wendy's Backgrounds