![]() |
Jesaja 55:11 "so sal my woord wees wat uit my mond uitgaan: dit sal nie leeg na My terugkeer nie, maar doen wat My behaag en voorspoedig wees in alles waartoe Ek dit stuur" |
|
Inspirasie
|
|
Ware Seën
Ons jaag dag na dag van een bestemming na 'n ander. Ons hoor van seën en die guns van God wat op mense rus. Ons meet die seën van God in terme van welvaart. Ons meen dat iemand iets reg doen daarom die welvaart. Ai, eerstens is die guns van God onverdiend, genadig en groot. Geld kan vir jou 'n plaas, 'n paleis of 'n eiland koop. Dit kan vir jou aansien gee en mense na jou laat opkyk. Dit kan selfs tydelike maar oppervlakkige geluk koop. Tog die ware vreugde en seën is nie te vinde in geld nie. Wie sê Jesus is geseënd? Lukas 6: Vanaf vers 21: "Salig is julle armes, want aan julle behoort die koninkryk van God. Salig is julle wat nou honger het want julle sal versadig word.Salig is julle wat nou ween want julle sal lag. Salig is julle wanneer die mense julle haat, en wanneer hulle julle verstoot en beledig en jul naam weggooi soos iets wat sleg is, ter wille van die Seun van die mens. Wees bly in daardie dag en spring op, want kyk, julle loon is groot in die hemel, want hulle vaders het net so aan die profete gedoen. Maar wee jull rykes, want julle het julle troos weg. Wee julle wat vol is, want julle sal honger ly. Wee julle wat nou lag, want julle sal treur en ween. Wee julle wanneer al die mense van julle goed praat, want hulle vaders het net so aan die valse profete gedoen." Lees ook vers 27-49. Sê die Heer nie ook dat ons ons nie moet kwel oor wat ons gaan aantrek nie en wat ons sal eet nie. Hy sorg vir ons. Ons moet die ware koninkryk van God soek. Dit is gewortel in Sy Seun Jesus - in LIEFDE. Moenie seën meet aan die wëreldse eer nie maar meet dit aan God se standaarde. Vandag het die son oor my en jou geskyn, dit is gratis. Ons het opnuut die genade van die Here beleef - dit is 'n seën. Jesus het vir ons gesterf en opgestaan - dit is 'n seën. God se Heilige Gees woon in jou hart, dit is 'n seën. Ons het die vermoë om lief te hê - deur die genade van God en dit is 'n seën. Kom ons maak nie vandag skatte hier op aarde bymekaar nie maar versamel skatte in die ewigheid. 'n Seën wat ewigdurend is. Gebed: Heer dankie vir U seën wat op my lewe rus. Dankie Heer dat ek dit onverdiend verkry. Dankie Heer vir die ewige lewe en dankie Heer dat U my liefhet en ek ook kan liefhê. Toestemming word verleen vir herdruk en verspreiding, op voorwaarde dat onderstaande woorde daarby verskyn Toestemming is deur Glory2Jesus verskaf vir herdruk van hierdie artikel. Besoek ons blad by http://www.Glory2Jesus.co.za vir nog christelike leesstof. Geen veranderinge mag aan die inhoud gemaak word sonder die toestemming van die skrywer nie. Geskryf deur Isebell Gauche. |
Background:Wendy's Backgrounds