Jesaja 55:11 "so sal my woord wees wat uit my mond uitgaan: dit sal nie leeg na My terugkeer nie, maar doen wat My behaag en voorspoedig wees in alles waartoe Ek dit stuur"  
Inspirasie

Stappe in tot Vrede

2 Petrus 1:5-8" En juis daarom ook moet julle met aanwending van alle ywer by julle geloof voeg die deug, en by die deug die kennis, en by die kennis die selfbeheersing, en by die selfbeheersing die lydsaamheid, en by die lydsaamheid die godsvrug, en by die godsvrug die broederliefde, en by die broederliefde die laasteliefde. Want as hierdie dinge by julle aanwesig is en toeneem, dan laat dit julle nie ledig of onvrugbaar tot die kennis van onse Here Jesus Christus nie;"

Vriende verlang julle ook meer en meer van God se genade? Hoe meer Hy in ons word, en hoe minder ons word, hoe meer plek is daar vir Sy genade. Hy laat ons nie in 'n dwaal nie, maar wys vir ons die groeiproses in Sy liefde. Niks kan groei buite Jesus nie, daarom is dit belangrik dat ons nie sal poog om self kennis by te voeg nie, maar dit vanuit 'n verhouding met Hom verkry.

Stappe 1 & 2

Ywer na God, om Hom ten volle te ken, geloof groei soos wat ons meer en meer van Hom leer en Hom beter ken. Dit kom deur voortdurende gebed en tyd met Hom.

Stap 3

Voeg by die geloof: deug. Volhard in goeie werke, nie om raak gesien te word nie, nie met erkenning en verwagting vir terugbetaling nie, maar met die liefde van Jesus. Die Heer doen elke oomblik goed aan elkeen, daarom is dit 'n uitvloeisel van ons verhouding met Hom - dat ons ook deugsaam is.Leef 'n lewe wat nie aan hierdie wêreld gelykvormig is nie, maar 'n lewe van gee en liefde. Streef na heiligwording in Jesus. Weerhou jou van die kwaad.

Stap 4

Kennis: Soek God se wil, verlang kennis aangaande die Heer se wil. Hoe verkry ons hierdie kennis? God se Woord. Vra die Heer om jou hart en verstand te vul met kennis aangaande Die Lig.

Stap 5

Selfbeheersing. Onthou God het aan ons 'n gees van selfbeheersing gegee. Sit jou eie begeertes opsy, begeer wat die Here vir jou wil hê. Los die dinge van die vlees.

Stap 6

Hierna volg lydsaamheid - geduld, dit is 'n resultaat van onselfsugtigheid.

Stap 7

Heiligheid - die godsvrug. Wanneer God in beheer is in jou lewe sal die vrugte daarvan goed wees. Leef heilig want die Heer is heilig.

Stap 8

Vanuit die godsvrug kom die aanvaarding van ander mense. Jy begin hulle waardeer en van hulle hou. Die broederliefde ontstaan waarin ons ons medegelowiges lief het soos onsself.

Stap 9

Jy begin ander sien soos die Here hulle sien, en jy het nie net meer die medegelowige lief nie maar ook die vreemdeling en die vyand, lief met 'n goddelike Jesus liefde.

Resultaat:

Hoe meer jy hierin groei, hoe meer vrug sal jy dra en so meer mense na Jesus lei, bemoedig en versterk. Hierdeur begin jy meer en meer van God se vrede en genade ervaar.

Toestemming word verleen vir herdruk en verspreiding, op voorwaarde dat onderstaande woorde daarby verskyn:

Toestemming is deur Glory2Jesus verskaf vir herdruk van hierdie artikel. Besoek ons blad by http://www.Glory2Jesus.co.za vir nog christelike leesstof. Geen veranderinge mag aan die inhoud gemaak word sonder die toestemming van die skrywer nie. Geskryf deur Isebell Gauche.

Back to Main Page

Background:Wendy's Backgrounds