![]() |
Jesaja 55:11 "so sal my woord wees wat uit my mond uitgaan: dit sal nie leeg na My terugkeer nie, maar doen wat My behaag en voorspoedig wees in alles waartoe Ek dit stuur" |
|
Inspirasie
|
|
Vergifnis
teenoor vervolging
Eerstens het Stefanus nie die mense gevrees nie, ten spyte van hulle teenkanting het hy voortgegaan en die waarheid in Jesus gespreek. Hy en die waarheid is verwerp. Ten spyte van wat hulle aan hom doen, het hy hulle nogsteeds lief en roep om vergifnis vir hulle dade. Hy bid vir sy vyande. Tweedens was Saulus in die groep. Hy het dit waargeneem. Hy het dit goed gekeur. Hierdie selfde jong man sou later 'n ontmoeting met God hê, egter nie voor hy nog baie christene sou vervolg en in tronke stop nie. Derdens het Stefanus nie in opstand gekom oor die behandeling wat hy ontvang het nie maar het hom daarin verbly dat hy vir Jesus kon ly. Hy het nie gekla nie, hy het hulle nie vervloek nie en ook nie God gevra om hulle te straf nie. Dikwels gaan ons van die standpunt uit, dat as alles nie goed verloop nie, moet ons die duiwel , blameer of God en wil ons dan aan God voorskryf hoe Hy die fynere besonderhede in ons lewens moet uitwerk. Net omdat ons nie 'n gebeurtenis verstaan nie, beteken dit nie dat God nie in beheer is nie. Het die duiwel hier 'n slag geslaan? Het hy 'n oorwinning behaal? As Stefanus teen God sou draai of sy vyande sou vervloek het, dan het hy, maar God was in beheer. Stefanus het onder leiding van die Heilige Gees gespreek, nie in sy eie krag nie. Die liefde wat hy betoon het, is die liefde van Jesus in sy hart, dis nie vlees nie. Saulus het dit waargeneem en sou later daaroor getuig tot verheerliking van God se naam. Saulus wat op daardie oomlik nog 'n vyand was! Vanuit dieselfde groep mense wat die waarheid nie wou aanhoor nie, sou die man kom - Saulus wat later Paulus genoem is, om die evangelie na die heidene te dra. Daar is geen toeval hieraan nie. Daarom ook moet ons weet dat al sou mense nie die evangelie van verlossing in Jesus wil aanhoor nie, al sou hulle hul ore toedruk - dit verander nie aan die waarheid nie. So ook al sou ons beledig word en verdruk en verstoot word oor ons getuie vir Jesus, moet ook ons nie vervloek of verbitterd raak teenoor hulle wat ons uitlag of wil pynig nie, maar hulle liefhê soos Christus ons lief het en ook hulle. Soos wat Jesus ons vergewe, betoon genade en vergifnis ook aan ander wat ons haat ter wille van Jesus. Bid vir hulle wat ons vervolg en vertrou dat God in beheer is. Ek of jy mag dalk nie die resultate daarvan ooit in hierdie lewe beleef nie - net soos Stefanus nie, maar dit verander nie daaraan dat God dit ook tot verheerliking van Sy Naam gebruik nie en baie tot redding kom net deurdat aan hulle liefde betoon word vir hulle haat nie. Toestemming word verleen vir herdruk en verspreiding, op voorwaarde dat onderstaande woorde daarby verskyn Toestemming is deur Glory2Jesus verskaf vir herdruk van hierdie artikel. Besoek ons blad by http://www.Glory2Jesus.co.za vir nog christelike leesstof. Geen veranderinge mag aan die inhoud gemaak word sonder die toestemming van die skrywer nie. Geskryf deur Isebell Gauche. |
Background:Wendy's Backgrounds