![]() |
Jesaja 55:11 "so sal my woord wees wat uit my mond uitgaan: dit sal nie leeg na My terugkeer nie, maar doen wat My behaag en voorspoedig wees in alles waartoe Ek dit stuur" |
|
Inspirasie
|
|
Verlies van 'n vriend Ons maak baie vriendskappe gedurende 'n leeftyd. Sommige daarvan is diep en kosbaar. Nogtans, sou ons so 'n kosbare vriend verwaarloos, kan ons die vriend verloor. Dit kan baie diep seer veroorsaak wanneer bande sonder verduideliking of waarskuwing gebreek word. Voor ons aangaan, miskien is jy die persoon wat die bande verbreek. Dink aan die pyn wat iemand deurgaan - hulle skakel en probeer om na jou uit te reik, maar jy igoneer dit. Dalk het jy te besig geraak, dalk net vergeet watter kosbare vriend jy het, of miskien het jy net belangstelling verloor. Die persoon wag geduldig vir jou en sal met blydskap die vriendskap hervat sou die geleentheid daar wees. Sou dit egter so voortduur, mag die persoon heeltemal eenkant staan of self 'n nuwe vriend vind. Dieselfde geld ook vir die Heilige Gees. Hy is baie sensitief en wil graag jou vriend wees tot die mate waartoe jy Hom toelaat en waardeer.Sou jy Hom voortdurend igoneer, sal Hy stil word en geduldig vir jou wag. Sou jy dit nogsteeds doen, gaan Hy heeltemal eenkant wag. Hy is 'n ware vriend en forseer Homself nooit op jou af nie. Hy hanteer jou nie hardhandig nie, Hy vertroos jou, rig jou oë op Jesus, gee hoop, verterk jou, waarsku jou, pas jou op en gee leiding. Dit doen Hy sagkens en net soveel as wat jy Hom toelaat en Hom verwelkom. Laat toe en verwelkom Sy teenwoordigheid met ope arms, onthou Hy is kosbaar en ervaar jou as kosbaar. Toestemming word verleen vir herdruk en verspreiding, op voorwaarde dat onderstaande woorde daarby verskyn: Toestemming is deur Glory2Jesus verskaf vir herdruk van hierdie artikel. Besoek ons blad by http://www.Glory2Jesus.co.za vir nog christelike leesstof. Geen veranderinge mag aan die inhoud gemaak word sonder die toestemming van die skrywer nie. Geskryf deur Isebell Gauche. |
Background:Wendy's Backgrounds