|
Van geboorte het ek jou vasgehou,
God het jou aan my toevertrou,
Jou God gee jou lewe
Bo als verhewe
Wees aan Hom getrou!
My drade van kennis is om jou gespin,
Jou geleer dat Jesus die dood oorwin,
Jou God gee jou krag
Hy het almag
Laat Hy jou liefde gun!
In 'n kokon gaan jy ons verlaat,
In 'n wêreld vol liefde en haat,
Jou God is jou Rots
Hy is trots
Luister na sy raad!
As perfekte skoenlapper is Sy Gees op jou gestort,
Jy sal in jou lewe nooit iets kort,
Jou God het jou vrugte gegee
Woel daarmee
Laat Hy jou ALLES word!
|