![]() |

Die Bybel
Die
Bybel Nuwe Lewende Vertaling -
die nuwe opwindende vertaling wat akkuraatheid, noukeurigheid en leesbaarheid
kombineer met
die ryk emotiewe waardes van die grondtale
Die
Bybel Nuwe Lewende Vertaling
(NLV) lei 'n nuwe era in vir Afrikaanse Bybellesers.
Hierdie opwindende nuwe vertaling is die trotse produk van die jongste gesaghebbende
Bybelvertalingstegnieke deur van Suid-Afrika se topteoloë. Dit bied 'n
unieke balans tussen noukeurigheid, akkuraatheid en lesersvriendelikheid.
Dit vang die ryk emotiewe waarde van die teks in die oorspronklike tale treffend
vas in keurige, hedendaagse Afrikaans. Voetnote verhelder die teks deur addisionele
inligting, alternatiewe vertalings en aanhalings uit die Ou Testament - dit
maak die Bybel ook ideaal vir Bybelstudie.
Die NLV sal die Woord van God op 'n kragtige en dinamiese wyse kommunikeer.
Unieke Verkooppunte
-
Die teks is nuut vertaal uit die oorspronklike tale.
- Agt volkleurkaarte in al die groot luukseleer- en hardeband-uitgawes.
- Ses hoëkwaliteit volkleur-glansbladsye vir spesiale geleenthede in
die groot luukseleer- uitgawes.
- Voetnote om verstaan van teks te vergemaklik.
- Poëtiese gedeeltes in poëtiese styl geset.
Medewerkers
Ou
Testament
Wil Vosloo (redakteur) - Professor emeritus in Ou Testament, Universiteit
van Pretoria
Pieter Venter - Professor in Ou Testament, Universiteit van Pretoria
Fanie Snyman - Professor in Ou Testament, Universiteit van die Vrystaat
Willie Wessels - Professor in Ou Testament, UNISA
Marius Nel - Leraar, AGS Krugersdorp
Nuwe
Testament
Andrie du Toit (redakteur) - Professor emeritus in Nuwe Testament, Universiteit
van Pretoria
Jan du Rand - Professor in Nuwe Testament, Universiteit van Johannesburg
Fika Janse van Rensburg - Professor in Nuwe Testament, Noordwes-Universiteit,
Potchefstroom
Wim Vergeer - Buitengewone professor in Nuwe Testament, Noordwes-Universiteit,
Potchefstroom
Adviespaneel
|
Willem
Boshoff
Phil Botha Isak Burger Daan Cloete Maretha Maartens Elza Meyer Heinrich Ohloff Francois Tolmie |
Elize Botha Elsje Büchner Cecile Cilliers Karen de Wet Leonard Maré Elna Mouton Hermie van Zyl |
Verkoopsinligting
|
Publikasie:
Einde November 2006 Swart Luukse
leer: goudgerand, merklint, duimgrepe Grootte:
105 x 159 mm (sakpas) Donker
bruin/taan met toerits, goudgerand Sagteband:
goue foelie |