NLV NLV
 


NLV - Oudio Uitgawe

Hoor die lewende Woord van God soos nog nooit tevore nie met die Bybel Nuwe Lewende Vertaling se oudio-uitgawes.

In die twee uitgawes word die volledige Nuwe Testament asook die Psalms & Spreuke van die NLV voorgelees deur bekende persoonlikhede:Lieb Bester, Petru Wessels, Carel Trichardt, Esté Geldenhuys en Rentia van der Bijl. Die digitale formaat verseker goeie kwaliteit klank en die verskillende snitte maak dit ook maklik om 'n bepaalde teksgedeelte op te spoor.

Die NLV oudio-uitgawes is bedoel vir reisigers en pendelaars, maar ook elke gelowige op die lewenspad. Dit sal die Woord van God op 'n kragtige en dinamiese wyse kommunikeer.


Die NLV: Nuwe lewe. Vir vandag. Vir ewig.

Publikasie: Begin November 2007
Kategorie: Oudio
Omslag: Hardeband
ISBN: 978-1-77000-569-3 (Nuwe Testament)
Prys: R549,95
ISBN: 978-1-77000-570-9 (Psalms & Spreuke)
Prys: R169,95

 

 

Hoor die lewende Woord van God soos nog nooit tevore nie met die NLV se oudio-uitgawes.
Die NLV: Nuwe lewe. Vir vandag. Vir ewig.

KORT KOPIE

Hoor die lewende Woord van God soos nog nooit tevore nie met die Bybel Nuwe Lewende Vertaling se oudio-uitgawes. Die twee uitgawes is 'n woordelikse voorlesing van die volledige Nuwe Testament en Psalms & Spreuke. Dit is ideaal vir reisigers en pendelaars, maar ook elke gelowige op die lewenspad.






Besigting die CUM katalogus