|
Soveel mense
voer 'n middelmatige bestaan omdat hulle nie werklik besef waartoe hulle
in staat is nie.
Ontdek jou volle potensiaal is 'n motiverende, prikkelende kykie na die
ontsaglike potensiaal wat in elkeen vasgevang is en wag om verwesenlik
te word.
Ontdek jou volle potensiaal sal die lesers in staat stel om ...
- te leer om bo die opinie van ander uit te styg
- die onbenutte rykdom van jou potensiële vermoë te ontdek en
die ervarings van jou verlede te bowe te kom om die verborge skat in jou
op te diep.
- die beginsels te verken wat die sleutels is om jou ware vermoë
te verwesenlik, bloot te lê en tot die maksimum te ontgin, en verby
die verwagting van ander te reik.
Ontdek jou volle potensiaal sal lesers ongemaklik maak met hulle huidige
prestasies en ontevrede om op die sukses van die verlede te rus. Dit sal
mislukking in motivering verander en middelmatigheid in uitnemendheid.
OOR
DIE OUTEUR
Dr.
Myles Munroe is 'n veelbegaafde internasionale motiveringspreker,
topverkoperskrywer en besigheids-konsultant. Hy praat oor uiters belangrike
kwessies wat elke aspek van menslike, maatskaplike en geestelike ontwikkeling
raak. Hy is die stigter, president en senior leraar van Bahamas Faith
Ministries International, met hul hoofkantoor in Nassau, Bahamas. Dr.
Munroe het grade verwerf aan die Oral Roberts Universiteit en die Universiteit
van Tulsa. Hy het ook 'n eredoktorsgraad van die Oral Roberts Universiteit
ontvang.
|
Ontdek
jou volle potensiaal wat wag
om verwesenlik te word en begin
'n lewe van uitnemendheid leef.
KORT
KOPIE
Ontdek jou
volle potensiaal is 'n motiverende, prikkelende kykie na die ontsaglike
potensiaal wat in elkeen vasgevang is en wag om verwesenlik te word. Hierdie
boek sal jou ongemaklik maak met jou huidige prestasies en ontevrede om
op die sukses van die verlede te rus. Ontsluit die ware jy en verander
jou middelmatige bestaan en een van uitnemendheid.
ANDER
BOEKE DEUR DIE OUTEUR
- Die pluskant
van Christen-wees (Dagstukke/Tieners)
- Die lewe in! (Christelike leefwyse/Tieners)
- Regtig, reguit, radikaal (Christelike leefwyse/Jeug)
- Die sleutel is Jesus (Dagstukke/Kinders)
- Tiener-ABC (Dagstukke/Tieners)
Publikasie:
Einde Julie 2008
Kategorie: Christelike leefwyse
Teikenmark: Algemeen
Grootte: 140 x 210 mm
Bladsye: 184
Omslag: Sagteband
ISBN: 978-1-77000-659-1
Prys:
R79,95
|
Besigtig
die CUM katalogus
|