Die A-Z van Openbaring

’n Allesomvattende perspektief op
                   die boek Openbaring
 

Antwoorde op vrae wat jy nog altyd

oor die boek Openbaring gehad het

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Belangstelling in die boek Openbaring het die af­ge­lope dekades geweldig toegeneem. Die nuwe tegno­logie, voortdurende oorloë, hongersnode, aardbe­wings, oorstromings en aardverwarming laat al meer mense wonder of ons in die eindtyd leef; daarom soek hulle die antwoorde in Openbaring.

 

In Die A-Z van Openbaring gee prof. Jan du Rand ’n omvattende uiteensetting van die boek Openba­ring. Hy fokus veral op die volgende as­pek­te:

-          Wanneer Openbaring geskryf is

-          Die doel van Openbaring

-          Openbaring as ’n brief aan sewe gemeentes, ’n profesie en ’n apokalips

-          Die beelde in Openbaring en hulle betekenis

-          Die rolspelers in Openbaring

-          Die tekens en hulle betekenis

 

Met Die A-Z van Openbaring poog die outeur om lesers ’n beter begrip te gee op die geestelike boodskap van Openbaring binne sy Nuwe-Testamen­tiese verband sodat hulle met gesonde verwagtings sal uitsien na die wederkoms van die Here Jesus.

 

 

Publikasie: Middel Desember 2007 Kategorie: Geestelike verryking
Grootte: 160 x 235 mm
Bladsye: 668
Omslag: Hardeband
ISBN: 978-1-77000-459-7
Prys: R159,95

Besigtig die CUM katalogus

 

 

Kort kopie

 


Openbaring is een van daardie boeke in die Bybel waaruit daar nie baie gepreek word nie, maar tog het mense se belangstelling daarin deur die jare toegeneem. In Die A-Z van Openbaring gee prof Jan du Rand ’n omvattende uiteensetting van hierdie Bybelboek en antwoord ook al die vrae wat lesers al ooit daaroor gehad het.

 

Oor die outeur

 


Jan du Rand is nasionaal en internasionaal bekend as Nuwe-Testamentiese vakspesialis op die gebied van die geskrifte van Johannes. Hy het al talle boe­ke en artikels gepubliseer, en ook verskeie toekennings ontvang, onder andere die Andrew Murrayprys, die Pieter van Drimmelenmedalje vir teologie en die Eeufeesmedalje van die Universiteit van die Vry­staat. Tans is hy professor in Nuwe Testament aan die Universiteit van Johannesburg en lewer wêreldwyd referate. Jan en sy vrou, Anneli, is geseën met drie dogters en ook kleinkinders.

 

Ander boeke deur die outeur

 


-          Beleef jou sekerheid (Bybelstudie)

-          Gaan leef die liefde