Poetry

Gedigte

     
     
 

Daar is hoop vir hierdie geslag.

– Annemarie Nolte (Mallotti Geplaas Maart 2008)

 
 

Moord en doodslag is aan die orde van die dag.
Die skuldiges kom vry - sonder 'n klag.
Dit blyk die oormeerderheid het vergeet,
dat daar 'n God is wat van álles weet!
Onskuldige bloed word gestort.
Orals word gevra: Wat gaan nog van ons word?
Aborsies is aan die orde van die dag.
Kuisheid is ondenkbaar vir hierdie geslag?
Die misdaadsyfers word daagliks meer,
Baie is vol vrees oor wat nog kan gebeur.
Is daar tog iemand wat weet wat ware hoop is?
Dit blyk dat 'n menigte aan wêreldse oortuigings uitverkoop is.
Hoop, volgens hierdie nuwerwetse mense,
is irrelevant en vervul nie hul wense.
Hul is so besig om te doen waarvoor hul lus is,
dat hul heeltemal vergeet dat daar 'n oordeelsdag is.

Baie verbruikers het hul by die nuutste gebruiksvoorwerpe geskaar.
Met die gevorderde tegnologie is daar byna geen drogredenaar,
wie nié weet hoe dit werk nie, weet die handleiding is daar.
Waarom is dit dan moontlik, dat sogenaamde kundiges vergeet,
dat die Bybel, die mensdom se Handleiding heet.
Moenie jouself van Christelike hoop ontneem nie.
Met hoop, kan niks jou van Christus vervreem nie.
Het jy vandag die son gesien?
Dis maar één bewys waarom sy kinders Hom dien!
Terwyl saaityd en oestyd nog daar is,
Wéét ons dat God se genade nie klaar is.

As Sy volk, oor wie sy Naam uitgeroep is,
hul verootmoedig, bid en van hul sondige weë bekeer;
Sal Yahweh hoor, hul vergewe en vanuit die hemel oor hul regeer.
Hulle land sal Hy herstel, hulle sal hul nie meer hoef te kwel.

Kom ons streef daarna om ons aan Hom toe te wy,
net in Hom kan ons werklik ons harte verbly.
Hy sal na ons toe kom….
so seker as wat die son opkom!
Hy sal kom soos die stortreën,
om ons te verkwik en Sy hulp te verleen.

Ons moet terug na die Woord van God!
Dit is ons enigste, bevrydende lot.
Soos wat longe nie sonder suurstof kan gaan nie,
kan die mensdom nie sonder Christelike hoop bestaan nie.

Mallotti