|
Onthou jy nog die eerste dag
Jy het vir die nuwe kassier gewag...
Jy moes hom op jou neem
Hom die werking van die winkel laat inneem.
Sou jy kon raai dat hy
Nie so onaangenaam was
soos jou gedagtes het gelei,
Maar dat hy toe anders was...
Ons het onmiddelik daar
die vuur laat knetter
Soos 'n roos het ons Liefde
sommer so sonder rede
Gebloei tot die mooiste
Daarom gee ek vandag vir jou
alles wat in en om my vou
My hele menswees - meisielief
Vir jou het ek bo alles lief
|