Poetry

Gedigte

     
     
 

AS JÝ NIÉ OPSTAAN VIR GOD NIE, WIE SAL?

– Annemarie Nolte (Mallotti Geplaas Maart 2008)

 
 

Dietrich Bonhoeffer het gesê:
"Goedkoop genade is 'n dodelike vyand van die kerk."
Skaar jy jou by hom …. onder dieselfde vlerk?
As Christen het hy homself uitgespreek oor die waarheid.
Vir hierdie standpunt, is hy uitgekryt!
In Hitler se dae is hy hiervoor gehang!
Vir hierdie straf, was mense baie bang.

Is jy gewillig om vir dit wat reg is op te staan?
Of bly jy liewer stil, om met die stroom saam te gaan!
Bonhoeffer was 'n moderne aktivis.
Jesus van Nasaret was die eerste in die geskiedenis.
Toe beginsellose handelaars die tempel misbruik;
om aanbidders met skuldige gewetens uit te buit -
deur duiwe te verkoop teen 'n vet profyt,
het Jesus hulle almal uit die tempel gesmyt!
Deur hierdie uitdrywing reinig Hy sy Vader se huis;
hierdie was een van die handelinge - wat Hom sou lei na die kruis.

Om Hom in die waarheid te volg, gaan jou kos.
Volg Hom nié, kos soveel méér…….Is jy verlos?
As jy nié opstaan vir God nie, wie sal?
Dis byna tyd vir die laaste trompet se geskal!

Al noem hulle jou 'n aktivis
Vir die waarheid, sal jy staan - beslis.
Vir Hom sal jy liewer jou lewe verloor,
as om deur die wêreld te word - bekoor!