|
Watter vreemde verskynsel
Duisende om van te kies & keur
Maar nooit genoeg om te getuig
Hoe my hart joune begeer
Verbysterend die effek daarvan
Wens ek om dit te kan vang
Die seer te keer wat daarop volg
Draai dan eerder die ander wang
Hoe kreatief word dit gebruik
Soms so versier en verdraai
Met 'n gelek van 'n skindertong
Om mense na aan jou te verraai
Wonderlike werklikheid
'n String daarvan aanmekaar gelap
My hart klop vinnig opgewonde
Jy het my lief - het joune verklap
|