Poetry

Gedigte

     
     
 

Ek is 'n Christen…. - Zelda Grunwald

 
 

 

As ek sê… "Ek is 'n Christen"
Is dit nie "Ek is sondeloos" wat ek uit bassuin
Maar eerder fluister ek "ek was verlore
En nou Is ek gered, vergewe en is ek rein"

As ek sê… "Ek is 'n Christen"
Praat ek nie daarvan met trots
Maar bely ek dat ek struikel
En dat ek Christus nodig het as my rots

As ek sê… "Ek is 'n Christen"
Probeer ek nie sterk wees
Ek getuig dat ek swak is
En God se krag my beskerm van vrees

As ek sê… "Ek is 'n Christen"
Spog ek nie met sukses
Ek erken dat ek gefaal het
En daarin het God vir my 'n les

As ek sê… "Ek is 'n Christen"
Sê ek nie dat ek perfek is
My foute is gans te sigbaar
Maar vir God is ek als werd, beslis

As ek sê… "Ek is 'n Christen"
Voel ek steeds dat my hart seer raak
Ek het my deel van hartseer gehad
So ek roep Sy Naam, en glo dat Hy oor my waak

As ek sê… "Ek is 'n Christen"
Is ek nie beter & heiliger as jy
Ek is net 'n eenvoudige sondaar
Die genade van God is elke dag 'n seen vir my