| |
n Ruwe klip
in die natuur
is gespuit, geverf, ontsier.
Harte, name, datums, gemors,
vloekwoorde op die klip se kors.
Nie soos die kuns en geskiedenis geerf
deur Khoi en San op klippe geverf,
maar die moderne mens se walg en se haat
tussen die onskuld en skoonheid agtergelaat.
Tog, luister, ruik, beskou die natuur
en as jy mooi kyk sal jy lees:EK was hier
|
|