Poetry

Gedigte

     
     
 

Gedig vir Ma - Zelda Grunwald

 
 


Jy was nog altyd die begin van my bestaan
die punt van my hart, my son, my maan
Vir jou het ek lief, so onbeskryflik, so veel
'n liefde wat net 'n ma met haar kind kan deel

Ek is trots op dit wat jy van my gemaak het
dankie dat jy vir so lank oor my lewe gewaak het
dankie vir jou onvergelykbare liefde en trots
dankie vir die vrou wat jy is - jy is my rots

Ek het ontluik in 'n volwaardige vrou, jy hét mos daarvoor gehoop
maar ek bid dat ek dieselfde reguit paadjie as jy kan loop
En wie weet, eendag het ek self 'n dogter of twee
en sal ek self eendag 'n traan of wat moet afvee