Poetry

Gedigte

     
     
 

Genade - deur Thea Klopper

 
 

Heer, hoe is dit dat ek soveel
genade in U oë mag vind?
Ek was nog nooit die suksevolle een,
was nog maar altyd die samelewing se siestog wegloopkind.

En tog het U my hart geneem
my kom opsoek en na my gevra.
U het my met lig bekroon.
U nabyheid is voller as enige goud wat ek kan dra.

U het my kom liefhê en omhels,
U het my ken gelig.
U Gees is soos 'n briesie in somer
en in die koudste winter soos 'n pels.

O my God, ek sal verstaan as U my sou verlaat.
Maar in pleks daarvan het U my kom haal.
En vir my bloedrooi sonde gee U my 'n rein wit liefdesgewaad.