Poetry

Gedigte

     
     
 

GOD PLANT, MET 'N DOEL

– Annemarie Nolte (Mallotti Geplaas Julie 2008)

 
 

Dis God wat mense in verskillende omstandighede plant met 'n doel!
Moenie staatmaak op jou menslike gevoel.
Jy't Hom gevra om jou te gebruik;
nou wil jy egter terug in jou dop kruip.
Moenie toelaat dat uiterlike omstandighede jou gesindheid beïnvloed nie;
Jou volharding vir Sy doel, sal nie vergeefs wees nie.

Kritiek en isolasie kan in baie vorme kom.
'n Oorwinnende gees, is net afkomstig van Hom.
Die Here Jesus Christus,
is van al ons pyn en lyding bewus.
Die enigste manier om ware gemoedsrus en vrede te bekom,
moet jy al jou bekommernisse werp op Hom.

Dis die Heilige Gees wat jou deurentyd maan -
om jou hart gereed te hou vir die storms wat jy nog deur moet gaan.
Jou ywer is vurig en aan die brand;
jou intieme persoonlike verhouding met Christus konstant-
wat suiwer hartsbedoelinge wek en hou met Sy Woord verband.
Daar is 'n onsigbare Hemelse Leërmag aan jou kant.

Jou standvastige moed is nié aan dié wêreld verwant.
Die Almagtige se ontfermende Hand,
hou al wat is, in stand.

Wêreldse mense sal jou probeer berispe;
met hul openlike - neerhalende, antagonisme.
Hoewel dit vir jou volgens jou eie oordeel mag blyk-
dat hierdie mense soos wolwe lyk;
is hul in werklikheid maar net skape wat soekend na God reik!
Deur jou volhardende, oorwinnende gees,
kán jy hul na Hom lei, om ook oorwinnaars te wees.