|
O God,Jehova, prys U Naam!
Wonderskone, Almagtige
Ewige Vader.
Hoe lank worstel ek nie alleen
terwyl U hand uitgestrek na my reik
Hoe lank nog, moes U sekerlik vra:
Hoe lank nog, my kind?
Ek was afvallig,
het U dag na dag om genade gesmeek
telkens het ek dit net weer van die hand gewys
soos 'n kind met 'n speelding, niks minder wys.
U het geduldig vir my eenkant gewag
tot ek my woede sou uitstry
U het liefde na my gestuur
in liefde my getugtig
Ek was ontstuimig
U het my gemoed gereinig
deur die vloei van ink
en trane tot net snikke oor kon bly
eers toe, kon ek U hand
op my skouer voel
U stem hoor en gehoorsaam.
|