|
Wat kenmerk jou gebede?
Is jy net altyd ontevrede?
Met alles is jy onvergenoeg;
jy hou net aan om met jou denke in die modder te ploeg.
Oor niks in die lewe is jy bly nie.
Jy't nog nie als wat jy begeer vir jouself verkry nie.
Jy's verswelg in jou selfsug;
In jou lewe is daar min vrug.
By God hou jy aan om oor alles te kerm;
jy vergeet Hy't hom nog altyd oor jou ontferm.
In alle omstandighede vir jou uitkoms gebring;
geen gebed, is vir Hom te gering.
Jy hou egter aan om te murmereer -
en het alweer nié genoeg tyd in SY teenwoordigheid spandeer.
Jou hart is nie ingestel om te luister;
na dit wat die Gees graag vir jou wil fluister.
Wanneer laas het jy werklik jou seëninge getel?
Jy kniehalter jouself terwyl jy jou so kwel.
Om God nie te vertrou vir voorsiening, is sonde!
Sy antwoorde uit die Woord, verbind nog altyd jou wonde.
In 1Samuel lees jy - net soos waarsêery is jou eiesinnigheid;
soos afgodery, jou weerspannigheid.
Hierdie openbaring dwing jou op jou knieë;
voor God staan jy heeltemal verleë.
Jy pleit om vergifnis.
In Sy teenwoordigheid ondervind jy Sy deernis.
Terwyl jy leer om dankbaarheid uit die Woord te put;
kry alledaagse gebeurtenisse weer vir jou nut.
Niks aanvaar jy meer as vanselfsprekend nie.
Sy genade ontvang jy ook nie meer onverantwoordelik nie.
Jou liefde is nou daagliks gedissiplineer.
Jy's besig om heiligheid te promofeer.
Jou gehoorsaamheid versprei 'n aangename geur
en dien as voorbeeld om ander op te beur.
Deur jou volharding breek jy die baan;
vir ander om ook dié rigting in te slaan.
|