| |
Om die Here met volle oorgawe te dien,
kan jy jouself nie vasstaar, teen dit wat jy sien
.
Identifiseer jouself met Sy oorkoepelende doel;
dan sal jy nié met tydelike neerlae gefrustreer voel.
Met hierdie openbaring, soek nié jou eie weg;
wéét: God is besig om alle sake volgens Sy groter doel te
besleg.
Sonder twyfel, moet jy Hom met alles vertrou
Want jy's deel van Sy verbondsbelofte, wat jou in die ware lewe hou.
As vreemdeling en pelgrim in 'n wêreld vyandig
laat hierdie diepe insig jou nie meer opstandig.
Jy weet in die komende bedeling,
Sal daar wees geen pyn, smart of verveling.
Tot dan - leef deur die geloof ;
en wéét : God doen wat hy beloof!
Ons swaarkry hier, is maar gering en gaan verby
en loop uit op 'n heerlikheid wat alles verreweg oortref en wat ewig bly.
In hierdie verwagting skep ons nuwe moed;
want volgens sy woord, sal God sal vir alle teenslae vergoed.
Al is ons uiterlike besig om te vergaan,
kyk ons op en met geloofoë sien ons 'n ewige voorbestaan
Hierdie tydelike bestaan snel spoedig verby -
op die nuwe aarde sal ons met verheerlikte liggame,
vir ewig saam met Jesus bly.
O diepte van rykdom, wysheid en kennis van God -
wees dié genadig wat steeds met U te spot.
Hoe ondeurgrondelik U oordele-hoe onnaspeurlik U weë;
met elke openbaring van U, staan ons oorweldig-verstom...verleë.
Wie ken U bedoeling - wie gee U raad?
Die een wat probeer..... sal homself net skaad!
Niémand kan aan U 'n guns bewys,
in verwagting om iets van U terug te eis.
Uit U, deur U en tot U is elke ding.
Ons kan slegs met ons lewens probeer om U lof te besing.
Hemelse Vader, aan U kom toe al die eer!
Om U wil te doen, is werklik al wat ons begeer....
|
|