Poetry

Gedigte

     
     
 


Wat is jou liefde werd? - deur Jolene

 
 

19 Jan 2003

Vader U ken my liefde
My hartseer en my pyn
Wat het geword van ons lewe
Geluk het vir ewig het verdwyn

Ek moet weg
Ek gaan loop dis die einde
Daar is niks meer vir my hier oor
Ek moet weg
Ek gaan loop dis die einde
Ek het hom vir ewig verloor

God plaas Sy hand op my skouer en vra:
Wat is jou liefde werd ?
As jy nou wegdraai
As jy wegloop in plaas van te bly
Wat het geword van jou belofte?
Om ewig trou te bly

Wat is jou liefde werd?
Die pad wat jy moet loop tot die end
Want dit was jou belofte
Ek sal trou bly tot die dood

Liefde is die Gees in jou
Laat liefde jou hand vat en lei
Liefde is die anker in jou
Liefde het my oortuig om te bly

Dankie Vader vir U hand op my skouer
Wat my keer
Dankie Heer

J