Poetry

Gedigte

     
     
 

My God - Frikkie Truter

 
 

My God kan 'n heelal maak.
Uit woeste massa kan hy land skep
en as Hy wil, weer met water dek.
Hy kan met liefde my hart aanraak.

My God het die mens lewe gegee.
Die mens het die aarde en mag geerf,
vertroue vernietig en alles bederf,
maar God het ons lief. Elke tree.

My God se liefde kan ek nie verstaan.
God, so magtig wat so min van ons vra,
wat so baie verwerping en seerkry verdra
se genade en liefde hou aan en aan.