|
Onthou jy die dae van sonskyn
Onthou jy die dae van reën
Onthou jy toe ons ontmoet het
Was ons nie meer alleen
Onthou jy jare later
Toe jy bedlêend was
Onthou jy ons trane saam
Deur elke dag en nag
Ek onthou dit nog soos gister
Al is jy nie meer hier
Want jy rus nou by Jesus
Weg van die pyn van siekte
Wat jy moes verduur
Ek onthou nog
|