|
'n Paar jaar gelede was ek by 'n kruis in my lewenspad
Ek was in 'n doodloop straat alleen
en toe was daar keuses voor my gelê
van waar my toekoms my moes neem
Ek was vuisvoos, stukkend en seer
Alle omswerwinge het hul tol geëis
Die lewe het my rond gegooi
Mense het my teleurgestel en verweer
God het my kom optel
Daar was min van my oor
Hy het met simpatie na my gekyk
" My kind, kom ons begin van voor"
My lewe het intussen verander soos dag by nag
Die vaal is uit my inkleurboek
In my gemoed is daar nou meer lag
Ek hou nie meer boek van die kwaad
En ek het deur al die murasies gestoei
Die Liefde van God sal my nie skaad
Dis nou net Warmte wat in my gees in vloei.
|