Poetry

Gedigte

     
     
 

My probleme is oor - Elize Botes

 
 

 

Oktober 2000 was nag in my lewe
met aanslae onbeskryflik wat enige mens sal laat bewe.
Gesinsmoord was die beste uitweg
en die beplanning het nie eers baie moed geverg.
In my benoudste oomblik het die Here egter my hand geneem
en ek het besef ek kan op Sy skouer ween.
Ek moes eers leer om op Hom te vertrou
en algaande het Hy my gehelp om 'n nuwe toekoms te bou.
Ek kon my kop weer lig en die Here was aan my sy,
vandag besef ek dis die plek waar ek altyd wil bly.
Die storms is nog daar
ja dis regtig waar,
maar ek is nou 'n kind van die Here
en kan alles beter hanteer in my lewe.
Ek en my gesin staan saam nou sterk
want in ons lewens is die Here hard aan die werk.
Ons het nog nooit nodig gehad om weer om te kyk
want die hartseer van die verlede het soos mis voor die son gewyk.
Dis 'n pad wat ek vir almal kan aanbeveel
want Sy hand kan die seerste seer wegstreel.
Jy hoef nie my woorde vandag te glo
maar kyk net na my lewe en jy sal sien ek is weer bo!
Ek dank God vir die geleentheid om weer te kon begin,
aan Hom wil ek ere en lofliedere bring.

Elize Botes
E-pos : elizemichelle@hotmail.com
Posbus 23242, Gezina, Pretoria, 0031