Poetry

Gedigte

     
     
 

Psalm - Frikkie Truter

 
 

Here, net soos Adam laat ek my verlei,
maar net soos met Noag beskerm en red U my.
Skelmer as Jakob was ek al gewees
en ek het soos Saul se leër my vyande gevrees.
My God, selfs meer as Dawid het ek al begeer.
Van al die sondaars in U Woord is my sondes meer.
Net soos Jona het ek ook al die ander pad gevat
en net soos die verlore seun was ook my sak al plat.
Soos Judas het ek U verraai, soos Petrus U verloën
en tog wil U om my ontwil in my hart kom woon.
My geloof is net so groot soos 'n mostertsaad
en my optrede het gereeld U wonderbeeld geskaad.
Maar Jesus, U oneindig' liefde kan alles verdring
en berusting, kalmte, vrede in my lewe bring.
Liewe Vader in my valsheid sing ek vir U 'n lied
waaroor alles in die lewe gaan: Here, laat U wil geskied.