Poetry

Gedigte

     
     
 

Seer - Zelda Grunwald

 
 

Hierdie woord sal nooit kan beskryf
Wat ek in my binneste voel
As jy sonder emosie en so koel
Jou rug op my draai en my foute oordryf

Nooit sal jy weet, en ooit verstaan
Hoe ek van binne af vergaan
Elke keer as jy beaam
Dat jy nie glo daars ware pyn in my traan

Geen woord kort of lank
Sal die skille van jou oë kan haal
Die smaak van jou liefde bly frank
En om jou hart is daar 'n muur van staal

Seer is nie wat ek ervaar
Wanneer jy my soen met lippe van hout
Dit laat my leeg en koud
Hier waar ek op 'n see van verlatenheid vaar