Poetry

Gedigte

     
     
 

Deur die oë van 'n kind - ( Isebell Gauche )

 
 

Ek het na U gesoek
deur die poorte van
verskeie oorde.

Ek het ingegaan by
al die deure so wyd en groot
ek het u gesoek
in die patrone van gekleurde glas
ek het gesoek in die togas
wit,pers en swart
ek het gekyk, maar was verblind
ek het geluister, maar dit was net wind

Waar sou ek U vind?
nie in die gemeente van Lot.

maar..ek sou U vind
in die oë van'n kind
ek sou sien deur sy bril,
ver sowel as naby,
en ek sou weet u is nie ver,
sommer net hier:
onder die klip, bo-op die tak,
en in die moregloed
van elke klein kind se gemoed.