Poetry

Gedigte

     
     
 

Ek soek na Jesus- deur Magna Grobler

 
 

Ek soek na Jesus
tussen mense
Is dit jy met jou preekstem?
Of is dit jy wat liefderyk afbuk na die baba in die stootkarretjie?
Dalk is dit die vrou agter die toonbank wat saggies die kleingeld
vorentoe druk?
Wat van die stil-vêr kyk in die man se oë wat voor my sit?
Waar is Jesus, waar?

En ek staan by baie waters wat magtig op en af beweeg
Branders wat golf
Siele wat kolk in massa’s om my heen
en ek staan alleen
want God is groot
en ek is klein
met die dood maar ook die lewe in Sy hand

En ek raak stiller as stil
met geen geluid wat my keer
geen onrus wat my beheer
net die wete

Ek ontmoet my God
my Here
Die een wat my ken
maar wat ek so lankal mee praat
Jesus! Binne-in my
Die Een wat met my gewete saampraat
en liefdevol my lei
my Here en my God!