Poetry

Gedigte

     
     
 

"Die stout Seun" Miga 7:7-20 6 Maart 2007
– Adri van Wyk

 
 

 

Ek hoop iemand sal my glo.
Hoe wonderlik is onse Vader, daar bo!
Twee maal het Hy verlede jaar gewaarsku.
Die lewe en die mense gaan my versuur.

Meer as een maal het ek lelik neer geslaan.
En gedink ek's besig om te vergaan.
Meer as een keer het ek gewens ek was dood.
Vir my was daar, verlede jaar niks meer hoop.

Vroeg in die nuwe jaar kuier ek by 'n vriendin.
Ek loop op en af met die Bybel, want God sê laat ons besin.
Die Here sê A3 hierdie is jou nuwe jaar
en daar sal wees, geen meer gevaar!

Min kon ek droom met hoeveel wonderlike seëninge,
na 'n jaar van soveel lelike dinge.
Dat die Here my so wonderlik gaan seën en bederf
Met 'n pragtige dierbare man op my werf.

Here, ek kom nie vir 'n beter maat vra.
Here u weet presies wat om te gee en wanneer om te dra!
Dankie Pappa in die hemel hoog
Hy bly tweede en U Pappa op die verhoog!