|
Vir jare lank het ek geleef
Vir aansien, rykdom en genot
U het my daardie jare laat begaan
Want U het geweet dit sou nooit bly staan
My lewe kon so anders wees
As U my nie gelei het
Steeds kon ek leef vir rykdom, Heer
Ook aansien en genot
Maar toe wys U my die pad na dit wat werklik saakmaak
My voete hou U stewig vas
Om die pad saam met U te loop
Om altyd nederig te bly
En om nooit op valse dinge te hoop
|