Poetry

Gedigte

     
     
 

VERLORE JARE – Talitha Breedt

 
 

En dis tien jaar later
Tog bly jy ‘n helder beeld
My heel eerste
Onthou jy nog die ontwaking, die besef
Die hartjie met ons name
In ’n boomstam
Iewers in die bosse in Nylstroom
Die wedenskap – die verweer
As ek jou vandag kan sien
Of dalk net ’n paar woorde met jou kan praat
Die gedagtes in my denke kan stilmaak
Of my hart se roep kan beheer
Kon ek vir jou sê
Na al die jare dink ek weer vandag aan jou
Onthou ek – vergeet ek – verlang ek
Want jy was die eerste
Die een wat ek na tien jaar
Nog steeds met elke greintjie
Van hart en verstand
Eerlik kan sê
Ek is lief vir jou
As ek vandag voor jou kon staan
Kon ek dalk vra
Vat my hand en loop saam met my
Deur die boek van herrineringe
Deur die blaaie van vergeet
Dit wat so ver weg gebêre is
Wat solank al vergeet is
Vat my hand en kyk na my
Onthou saam met my
Sodat ons altwee kan vergeet
Dalk dan kan ek dan uiteindelik jou beeld bêre
Diep in die verste hoek van my hartkamer
In die uithoeke van my brein
Of dalk kan ons ...
Nee ons kan nie
Want jy het ’n lewe gemaak
Na my – sonder my
Waar soek ek in elk geval na jou
Daar waar ons eens was
Is weg
Vergete
Begrawe
Verstote
Ek wil vir jou sê
Dat spyt te laat kom
En dat dit wat ek aan jou gedoen het
Verkeerd was
Onthou my
Vergeet my
Vergewe my
Asseblief

My liefste Pikkie