| |
En dis tien jaar
later
Tog
bly jy n helder beeld
My heel
eerste
Onthou
jy nog die ontwaking, die besef
Die
hartjie met ons name
In n
boomstam
Iewers
in die bosse in Nylstroom
Die
wedenskap die verweer
As ek
jou vandag kan sien
Of dalk
net n paar woorde met jou kan praat
Die
gedagtes in my denke kan stilmaak
Of my
hart se roep kan beheer
Kon
ek vir jou sê
Na al
die jare dink ek weer vandag aan jou
Onthou
ek vergeet ek verlang ek
Want
jy was die eerste
Die
een wat ek na tien jaar
Nog
steeds met elke greintjie
Van
hart en verstand
Eerlik
kan sê
Ek is
lief vir jou
As ek
vandag voor jou kon staan
Kon
ek dalk vra
Vat
my hand en loop saam met my
Deur
die boek van herrineringe
Deur
die blaaie van vergeet
Dit
wat so ver weg gebêre is
Wat
solank al vergeet is
Vat
my hand en kyk na my
Onthou
saam met my
Sodat
ons altwee kan vergeet
Dalk
dan kan ek dan uiteindelik jou beeld bêre
Diep
in die verste hoek van my hartkamer
In die
uithoeke van my brein
Of dalk
kan ons ...
Nee
ons kan nie
Want
jy het n lewe gemaak
Na my
sonder my
Waar
soek ek in elk geval na jou
Daar
waar ons eens was
Is weg
Vergete
Begrawe
Verstote
Ek wil
vir jou sê
Dat
spyt te laat kom
En dat
dit wat ek aan jou gedoen het
Verkeerd
was
Onthou
my
Vergeet
my
Vergewe
my
Asseblief
My liefste Pikkie
|
|