Poetry

Gedigte

     
     
 

Vroue - Frikkie Truter

 
 

 

Die arm, arm weduwee
het al haar geld en haarself gegee
vir die Here om te maak daarmee
soos Hy wil.

'n Vrou het met duur olie vir Jesus gesalf
en droog sy voete met haar hare af.
Byna soos 'n gemeste Kalf
voorberei vir die graf.

'n Vrou gaan soek Jesus se lyk in die graf,
maar kom slegs op die linne af.
'n Vrou is aan wie Hy eerste verskyn.
Raboni, ons geloof is so klein.