| |
Is jou lewe op gereedheid ingestel?
Alles in jou geestelike lewe wel?
In afwagting op die wederkoms, moet ons harte paraat wees;
Anders kan ons dalk agterbly - heeltemal wees.
Selfs die Seun weet nié watter uur -
die Vader Hom na die aarde terugstuur.
Elkeen wat nie warm is nie, maar lou,
met jou liefde heeltemal verflou;
dink jy jy's skatryk en dis vir jou genoeg -
maar volgens Sy Woord, sal Hy jou uit sy mond spoeg!
In Sy oë is jy ellendig -
arm, blind, kaal en beklaenswaardig.
Hy raai jou aan om by Hom goud, deur vuur gelouter, te koop -
dan sal jy van vreugde oorloop!
Dit sal jou laat ryk word,
by jou sal daar wees - geen tekort!
Net by Hom koop jy wit klere, wat jou skande en naaktheid bedek -
en in jou binneste word ontsag vir Hom verwek.
By Hom koop jy salf vir jou oë, wat jou waarlik laat sien;
uit jouself, kan jy Sy verlossing gladnie verdien.
Vader, U ken elkeen se hart wat hier lees.
Nie één van ons wil agtergelaat word - wees.
U omsluit ons van alle kante -
eintlik is ons tog maar U bloedverwante-
Jesus hét tog vir ons betaal;
help ons om gereed te wees, wanneer U ons kom haal.
Deurgrond tog ons harte -
Ons open al die parte -
Sien tog ons onrus raak;
deur Jesus se wonde, behartig Uself tog ons saak.
Is ons dalk op die verkeerde pad?
Lei ons dan liewer op die beproefde pad;
Ons wil nie voor U staan - kaal
Die dag as U ons kom haal!
Jy wéét wat God van jou verwag -
deur Sy woord praat hy nog altyd - sag.
Wat doen jy met elke Gawe?
Het jy dalk sommige daarvan begrawe?
Van Sy eis vir gehoorsaamheid, het jy nog altyd geweet -
ten spyte daarvan, is jy steeds nié gereed!?
Deur aan te hou prokrastineer;
sal jy die Gees se stem naderhand elimineer!
Moenie langer vertoef -
deur die Gees te bedroef.
Al jou gawes is tog die bewys -
dat God méér rekenskap van jou gaan eis!
|
|