Poetry

Gedigte

     
     
 

Wens ek kon…. - Zelda Grunwald

 
 


Wens ek kon soos 'n witbors duif
Sag en vry deur die hemellug sweef
So sonder sorge, sonder kwellings
En gister se foute wat aan my kleef

Wens ek kon soos 'n piepklein kleuter
Gekoester, omvou word in arms van liefde
So naief maar tog so verseker
Dat niks aan my drome, my skate sal peuter

Wens ek kon soos 'n man van staal
Die wereld op my skouers dra
So sonder swoeg of sweet
Die pyn uit my geliefdes se harte haal

Wens ek kon net weet wat more inhou
Enige hartseer, enige leed….
Dat ek dit kan beskerm en koester
Dit waarom my wereld draai - om jou