![]() |
|
|
Prayer
Requests /Gebedsversoeke
|
|
Click
on the button to place your prayer request. Your e-mail stays confidential
and you don't have to give your name. Please take time to read and pray
for the other requests.
|
|
Druk
op die knoppie om u gebedsversoek te plaas. Neem ook asb. 'n oomblik
om die ander versoeke te lees en daarvoor te bid. U e-pos bly vetroulik
en u hoef nie u naam te gee nie.
|
|
|
Vir volharding 01/06/09
Bid vir my ek het pas tot bekering gekom op die netwerf en is
so bly vir die here daar voor bid dat die here vir my moet hou in die
holte van sy hand.
Abraham
Drug abuse 29/06/2009
Please pray for my brother in law and my sister. he is addicted to cocaine and it is ruining their marriage
Adele
Huwelik 3/05/09
Bid asseblief vir my en my man. My man het al vir ses jaar 'n telefoon-verhouding
met 'n vrou. Ons staan op die oomblik op skei
omdat hy glo hulle hoort bymekaar. Ek bid vir 'n wonderwerk om hom tot inkeer
te bring.
Gebed vir werk asb. 30/05/2009
EK IS NOU AL N
PAAR MAANDE BY DIE HUIS WAG VIR N NUWE WERKS PERMIT EK WILL GRAAG HE IEMAND
MOET MY HELP BID OM MY WERK EN LEWE VERAL LEWE UIT TE SORT. Albert
Finansies 7/05/2009
Versoek gebed vir seun en vrou en 3 klein kindertjies vir finansiële bystand.
Die skool dreig om die balju uit te stuur om skoolfonds wat 2 maande agterstallig
is te verhaal uit die verkope van hul meubels. Inkomste is karig en werk in
die bedryf waar my seun is, is skaars agv die finansiële insinking in die
ekonomie. Bid asb vir Brian en sy gesin daar dit nie maklik is om sonder kos
skool toe te gaan nie.
Anna
Finansies 21/03/2009
Dis 2 jaar wat
my man nie n permanente werk het nie, maar wat die Here wonderlik voorsien het.
Bid asb dat hy n permanente werk sal kry
want die alewige bekommeris oor geld begin sy tol eis op ons gesinslewe. Rika
Werk 21/03/2009
Vriende bid asb vir ons. My verloofde het sy eie besigheid maar die werk is
so stil dat ons basies net geld het vir hierdie maand. Ek
vra as vir die Here om asb 'n ander werk of werk vir sy besigheid op sy pad
te stuur. Ek voel al so moedeloos en bang maar weet binne my hart dat
Jesus vir ons gaan help. Dankie
Ulanda
Kanker 18/03/2009
Kanker is ñ baie lelike siekte! Om te sien hoe dit jou geliefdes van binne opeet dis vreeslik! Ek vra al God se kinders om saam met my te bid vir my vriendin Sanet sy is 36 het 2 kindertjies wat nog nie sonder ñ ma kan groot word nie. Sy het kanker is baie siek en het baie pyn. Sy is so ñ goeie mens het nog soveel om te doen in die lewe. Al wat ons kan vra is God help asb daai gesinnetjie, droog hul trane af asb Vader
Finansies 7/03/09
Ggeskei met die mooiste 3 seuns. het my werk verloor en my vriend ook. ek weet ni hoe ga ek my water en ligte betaal nie. die ergste hoe gaan ek vir kos op die tafel sorg. help my bid, dat GOD ons hier deur sal lei.
Joanita Fabricius
Finansies 2/03/09
Bid asb vir wolisa dat GOD werk in stuur ! dis al inkomste wat ons het in JESUS
NAAM ASB DulcieBaie dankie dat daar nog mense is wat tyd maak om saam te bid
,mag JESUS julle seen ! Bid asb saam vir ons besigheid dat GOD sal voorsien
vir werk ,ag so ook vir uitstaande geld van 4maande ons vertrou elke dag net
op GOD vir a uitkoms Groete in JESUS NAAM Dulcie
Dulcie
Help my bid asb 27/02/09
Ek het baie lief geword vir 'n man wat huidelik baie deurmekaar is na 'n egskeiding. Ek glo vas God he ons een keer bymekaar gebring met 'n doel om in mekaar se lewens te wees. Sowat 5 maande terug het hy betrokke geraak in 'n verhouding met iemand anders. Ongelukkig wil sy geen kontak tussen ons he nie, maar sy doen goed wat hom laat wegdryf vanaf sy kind en sy familie so die verhouding is nie goed vir hom, maar hy sien dit huidiglik nie raak nie. Oor ek hom so lief het is ek baie bang dat hy alle mense wat belangrik en goed was in sy lewe gaan verloor en dat hy niemand gaan oor he wanneer hierdie verhouding op die rotse loop. omdat hy enige kontak met my verbied is vermy hy al my toenaderinge. Al waarvoor ek bid is dat hy kontak met my sal behou, sodat ek altyd daar kan wees as hy my nodig sou kry. As ek kyk na ander gebedsversoeke klink my probleem maar klein en nietig, maar die hartseer en pyn is besig om my op te eet en die feit dat hy nie kan sien dat daar 'n wig tussen hom en sy familie ingedryf word deur hierdie persoon in sy lewe maak my erg bekommerd. en dan natuurlik is ek onsettend lief vir hom, maar ek glo God weet dit want al wat ek bid voor al vir die afgelope maande is dat hy sal weet en besef dat hy baie belangrik is in my lewe en my weer sal toelaat daar al is dit net op vriendskaplike voet.
Siekte 24/02/09
Jaco Pansegrouw het malaria en menigitis.Ella du Toit het kanker.Haar enigste kind was in n ongeluk. Hy is in n koma en kritiek.
Santa
Bid 6/02/09
Bid asb vir ons gemeente dat mense GOD begin dien pastoor barnard lig& lewe senturm boksburg 0834472549 baie dankie
Jan
Bid 15/01/2009
Ag vra asb baie gebed vir J. Gerber dat hy die stem van GOD onderskei Dankie
Bid 15/01/2009
Het julle almal se GEBED nodig vir siele wat GOD op reg wil DIEN & nie speel met GOD nie ! LIG & LEWE SENTRUM BOKSBURG .0834472549
HUWELIK 15/01/2009
BID ASB VIR MY EN MY VROU ONS IS TYDELIK UIT MEKAAR EN HET NODIG OM VERSOEN TE WORD DIT HET N GROOT INPAK OP DIE FAMIELIE MY EN DIE KINDES EN ONS OUPA.
MARIUS
Gebedsversoek - bid vir broer 15/01/2009
Bid asb vir my
broer (Tienus) wat in die tronk is vir n dubbele moord, sy saak kom die 25,
26, 27 Feb 09 voor bid asb vir genade, by die Here is niks onmoontlik nie. Bid
asb dat hy versagtende omstandighede sal kry, as julle hom ken soos ons hom
ken sal julle verstaan dat hy nie so iets kon doen nie. Maar die duwel het daardie
dag die oorhand oor hom gekry. Asb moet nog nie ophou bid nie. Prys die Here.
Baie Dankie Monica
My werk 13/01/2009
Ek is op die stadium
baie ongelukkig in my werksomstadighede, die negatiwiteit en die ongelukkigheid
in my werksomgewing is besig om hand uit te ruk, dis asof almal mekaar wil ondermyn
en respek af dwing, mense het nie meer respek vir mekaar nie, en heel duidelik
is die duiwel besig daar. Ek voel uitgeput en ek was eens op 'n tyd baie gelukkig
maar nou raak dit te veel vir my, dit voel asof ek in depressie inval, maar
in my hart het ek die heeltyd die gevoel dat daar 'n ander doel met my lewe
is, en ek wil so graag met mense of diere werk omdat ek 'n passie en liefde
vir albei het, ek weet net nie waar om te begin nie, bid asb dat die Here vir
my die pad sal wys en my vir eers kalm maak, ek weet my toekoms is in Sy hande,
en alles is 'n toets wat ek moet slaag, ek weet Hy sal nooit vir jou meer gee
as wat jy kan hanteer nie. Dankie