![]() ![]() |
![]() |
DIE STILTETYD BYBEL VIR VROUE |
|
OOR DIE OUTEUR Maretha Maartens is die gewilde skrywer van dagboeke, romans, kortverhale, verhoogstukke en kinderboeke. Sy tree gereeld as samesteller, konseptualiseerder en redakteur van lewensvaardigheidsboeke op en skryf ook artikels en rubrieke vir vrouetydskrifte. Maretha en haar man, Hennie, woon in Bloemfontein. Hulle leef so lig en reis soveel moontlik. Hulle het twee getroude dogters en drie kleindogters vir wie hulle leer om ek-kán-kinders te wees. Stiltetyd
is heilige tyd, daardie gedeelde oomblikke met God. Daarom is dit belangrik
dat ons nie net die Woord van ons Meester sal bestudeer nie, maar al hoe
meer begryp en verstaan wat dit vandag vir ons wil kom sê. Die Stiltetydbybel vir vroue bevat 365 dagstukke wat bestaan uit 'n gedeelte uit die Nuwe Testament, gevolg deur 'n geestelike oordenking. Die teks-gedeeltes is geneem uit die Nuwe Lewende Vertaling. Hierdie dagboek
gesels nie oor koeitjies en kalfies nie, maar laat die lig val op die
betrokke teksgedeelte en hoe dit vir die vrou van vandag meer kan beteken
as net Bybellees: Dit is 'n ontmoeting met die ware God van Israel, die
Heilige. Met Die Stiltetydbybel
vir vroue is stiltetyd 'n plesier. Nie net sal vroue die hele Nuwe Testament
in 365 dae deurlees nie, maar meer leer verstaan van wat God vandág
vir hulle wil kom sê.
|
Die Nuwe Testament van die Nuwe Lewende Vertaling met 365 oordenkings wat jou stiltetyd met God 'n geestelike ervaring sal maak. KORT KOPIE Stiltetyd is heilige tyd, daardie gedeelde oomblikke met God. Met die volledige Nuwe Testament van die Nuwe Lewende Vertaling, tesame met 'n oordenking vir elke dag sal Die Stiltetydbybel vir vroue jou stiltetyd 'n geestelike ervaring maak. ANDER BOEKE DEUR DIE OUTEUR - Maak my
anders, Here! (Dagstukke/Vroue)
|
|