![]() |
Jesaja 55:11 "so sal my woord wees wat uit my mond uitgaan: dit sal nie leeg na My terugkeer nie, maar doen wat My behaag en voorspoedig wees in alles waartoe Ek dit stuur" |
|
Inspirasie
|
|
Laat my toe om jou voete te was Ons roep uit: "Ons wil dien - Here waar kan ons dien?!" Johannes 13:14
"As Ek dan, die Here en die Meester, julle voete gewas het, is
julle ook verplig om mekaar se voete te was." Dit sou maklik wees om die gawes te gee as offer aan die vriende en die mense wat ons seën en wat ons geseënd laat voel. Die uitdaging kom, om die voete te was van die honger, die vuil en die minder aantreklik. Daarmee sê ek nie - gaan soek net op die straat nie - dit is 'n goeie plek, maar ook hier by jou. Wanneer ons vriendskappe ons vul met gejubel, 'n gejuig in Jesus - hoe graag wil ons nie neerbuig en vra - laat my toe om jou voete te was nie. Hoe maklik wanneer ons lekker tye saam beleef, ons mekaar laat lag en onderrig in die Woord. Daar kom egter tye wanneer die vriend nie so aantreklik is nie, wanneer hy of sy ontbloot staan met seer, soms met sonde en soms jou net verveel. Wanneer daar vreugde is en die groei gevoel kan word en die seën diep is, dan krap daar ook gewoonlik nie goed nie, dan irriteer klein goedjies jou nie en sal jy met versigtigheid te werk gaan om nie daardie broosheid in elkeen te krap nie. Dit is wanneer daardie vriend wat nie verander het nie, maar wat soos jy deur tye gaan van minder blomme en aantreklikhede wanneer hy of sy benodig om hulle voete gewas te hê. Jesus was juis dit - die voete van mense wat al 'n lang pad saam met hom gestap het. Juis hierdie mense wat hy ken - en wie hy weet is nie altyd so 'n seën tot ander nie. Mense wat al gestry het oor wie die belangrikste is, wat kinders van Jesus wou weghou, wat vol van hulleself was, wat in Hom getwyfel het en mense wat al saam met hom fees gehou het wat sy aan sy met hom gestap het en wat sy vriende in beter tye ook was. Hierdie mense wat jou soms kan verveel en wat jou soms kan krap. Dink daaraan - wanneer jy skielik geeirriteerd begin raak met die vriend wanneer dit jou andersins nie sou pla nie - jy kan dalk ook so oorkom vir hom. Ons was mekaar se voete wanneer ons nie ophou om mekaar lief te hê al is die virendskap nie so uitdagend vir 'n wyle nie, om juis in hierdie tyd wat dit voorkom of jy minder nodig het van die vriend of vriendin as wat hulle van jou nodig het, hulle in liefde te ontvang en juis dan wanneer dit voel of daar nou inbraak gemaak word op jou geduld, jou tyd en jy 'n breek nodig het, hulle behoeftes ook raak te sien, dien jy. Jesus het uit sy posisie van sterkte gegaan en neergebuig en die minste geword om die voete van sy dissipels wat skaam was oor hulle vuil voete - skaam was om te ontvang, te was. Hierdeur het Hy ons geleer dat die meerdere die mindere moet dien en daardeur verryk ons vriendskappe en daardeur groei ons in menswees om gelyk te word in Christus. Hoekom raak ek hierdie aan: want dis mense wat naby ons is, ons kinders, ons ouers, ons mans en ons vrouens en ons vriende - en kyk mooi na vriende, want ons is vriende van Jesus wanneer ons ons lewens aflê soos Hy gedoen het, nie wanneer dit goed gaan alleen nie, maar veral wanneer mense vir ons nie so aantreklik is nie. Toestemming word verleen vir herdruk en verspreiding, op voorwaarde dat onderstaande woorde daarby verskyn: Toestemming is deur Glory2Jesus verskaf vir herdruk van hierdie artikel. Besoek ons blad by http://www.Glory2Jesus.co.za vir nog christelike leesstof. Geen veranderinge mag aan die inhoud gemaak word sonder die toestemming van die skrywer nie. Geskryf deur Glory2Jesus personeel.
|