Vreugde in die more
 


Vreudge in die more

Nina Smit

Wat moet 'n mens doen as jy nie weet wat om te bid nie? As dit voel of al jou gebede leeg is en teen die plafon vasslaan? Jy gebruik die Bybel en bid Skrifgedeeltes.

In Vreugde in die môre het bekende en gewilde skrywer Nina Smit 365 Skrifgedeeltes uit die Nuwe Lewende Vertaling verwerk tot treffende gebede. Die gebede in hierdie boek sal lesers opnuut die wonder van God se woorde in die Heilige Skrif laat ontdek, en hulle so intens bewus laat word van sy teenwoordigheid in hulle elkedagse lewe.

Die gebede in Vreugde in die môre sal lesers in hulle gebede lei om so 'n inniger gebedsverhouding met die Here te hê.


OOR DIE OUTEUR

Nina Smit is die topverkoper-outeur van meer as 100 boeke. Sy en haar man, Johan, woon in Somerset-Wes. Hulle het drie kinders en ook kleinkinders.

Publikasie: Maart 2008
Kategorie: Gebed
Grootte: 120 x 180 mm
Bladsye: 388
Omslag: Hardeband
ISBN: 978-1-77000-581-5

Prys: R99.95

 

365 treffende gebede verwerk uit die Nuwe Lewende Vertaling wat jou opnuut bewus sal maak van God se teenwoordigheid in jou elkedagse lewe

KORT KOPIE

Beleef 'n inniger gebedsverhouding met die Here deur die gebede in Vreugde in die môre te bid. Die 365 gebede is uit die Nuwe Lewende Vertaling verwerk deur bekende skrywer Nina Smit. Dit sal jou opnuut onder die besef bring van die wonder van God se woorde in die Heilige Skrif.

ANDER BOEKE DEUR DIE OUTEUR

- 'n Lewe naby God (Dagstukke/Vroue, beskikbaar Augustus 2008)
- Die groot boek van Christelike aanhalings volume 2 (Christelike leefwyse/Algemeen, beskikbaar Julie 2008)
- Vreugde in die môre (Gebed)
- Leef jou lewe nou (Christelike leefwyse/Vroue)
- Die groot boek van Christelike aanhalings (Christelike leefwyse/Algemeen)
- 'n Keur van wysheid (Christelike leefwyse/Algemeen)
- Elke dag 'n vreugdepad (Dagstukke/Vroue)
- Hoop vir vandag (Dagstukke/Vroue)
- In die skadu van sy vleuels (Dagstukke/Vroue)
- Waar is God as ek Hom nodig het? (Christelike leefwyse/Vroue)
- Hoop sonder grense (Dagstukke/Vroue)
- Wanneer die dag breek (Dagstukke/Vroue)


Besigting die CUM katalogus